Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 14 APRIL 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin vanoggend die bulletin met nuus van n stil sleutels:

Dit is met leedwese dat ons bekend maak dat die sleutel van Dick Stratford, ZS6RO op Vrydag 12 April 2019 stil geword het. Dick het jare lank 'n Potgooi van die Amateur Radio Today-program aangebied. Dick is vereer met Ere lewenslange-lidmaatskap tydens die 2018 SARL-Algemene jaarvergadering.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan sy familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE 2019 DAG VAN DIE RADIO AMATEUR

SES RADIO AMATEURS INGELYF BY DIE SARL EREGALLERY

en

AMATEUR RADIO TODAY OP 80 METERS OP MAANDAE

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE 2019 DAG VAN DIE RADIO AMATEUR

Die SARL "Ontsluit Amateur Radio Technologie" simposium het Vrydag 12 April by die Protea-hotel in Stellenbosch plaasgevind en is bygewoon deur 60 mense. Die aanbiedinge is goed ontvang; baie interessante gesprekke het plaasgevind.

Registrasie vir die algemene jaarvergadering het om 07:00 by die Data Voice House-ouditorium in die Tegnopark begin en om 09:30, het Nico, ZS6QL almal teenwoordig verwelkom. Die algemene jaarvergadering van Stellenbosch het die voortou geneem in die bywoning getalle vir algemene jaarvergaderings. Daar was 73 lede teenwoordig met 298 volmagstemme, wat altesame 371 stemme was - 20 meer as die 2018 AJV. Die oudste radio amateur by die vergadering was Dennis, ZS1AU wat 90 jaar oud is en die jongste was Alastair, ZS6S wat 17 jaar oud is. Die eggenotes het die besoek aan JC le Roux vir die sjampanje- en nougat proe baie geniet.

Die finansiële dokumente is bespreek en goedgekeur deur die vergadering sowel as die nuwe ledegelde vir 2019/2020. Die drie mosies is bespreek en daar sal nou elektronies gestem word deur alle lede van die Liga. Die SARL Sekretaris sal 'n SARL-kommunikasie uitstuur wat al die inligting oor die stem proses verskaf.

Die Sandton ARK en die ZS6ZU Hammies Klub sal die 2020 SARL-dag van die Radio Amateur aanbied. Gedurende die middag het die BHF/UHF en die SOTA-vergaderings plaasgevind.

Die Stellenbosch AJV was ook die eerste AJV wat gestroom is via YouTube en die SARL bedank Jan van der Vyver, ZS1VDV, wat dit moontlik gemaak het. Ontvangs verslae van die YouTube-uitsending sal waardeer word, stuur dit na secretary@sarl.org.za

SES RADIO AMATEURS INGELYF BY DIE SARL EREGALLERY

Tydens die SARL Toekenningsdinee Saterdagaand, is die volgende radio-amateurs ingelyf by die die SARL Eregallery.

Laurie Devereux, ZS5DL; Hannes Coetzee, ZS6BZP; Colin de Villiers, ZS6COL; Willem Weideman, ZS6X; Chris de Souza, ZS6AVC (SK) en Fred Anderson, ZS6PW (SK).

Die ontvangers van die verskillende SARL-toekennings en Trofeë wat oorhandig is tydens die toekenningsdinee is in Radio ZS en die 2019 AJV boekie gepubliseer.

'N NUWE TROFEE VIR BHF / UHF KOMPETISIE

'n Trofee vir die SARL BHF/UHF Digitale Kompetisie is aan die SARL gegee ter nagedagtenis van Koos du Plessis, ZS6BFD. Die SARL wil die familie van ZS6BFD vir die trofee bedank.

HOBBY-X KOMPETISIE WENNER

By die SARL Ontsluit Amateur Radio Simposium is die wenner van die Hobby-X kompetisie getrek uit die inskrywings wat ontvang is. Die gelukkige wenner van die Raspberry-Pi is Peter Jones, ZR6VJ van Polokwane. Die Raspberry-Pi is geborg deur RS Components.

DIE IARU-STREEK 1 INTERIM VERGADERING

Die HF, BHF/UHF en die EMC-komitees van IARU Streek 1 sal die naweek van 27 en 28 April in Wene, Oostenryk, vergader. Die verskillende referate wat bespreek moet word, is beskikbaar op die vergadering se webwerf by https://vienna.iaru-r1.org/. n Lys van die referate is uitgestuur in 'n SARL-kommunikasie gedateer 13 April. Die SARL is bekommerd oor Referaat VIE19 C4-012 - 30 m bandplan, wat die ESB-toegang tot die band kan beïnvloed.

Lees asseblief die referate en lewer jou kommentaar aan Geoff, ZS6C vir HF sake; Rassie, ZS1YT vir BHF sake en aan Hans, ZS6AKV vir EMC sake.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

AMATEUR RADIO TODAY OP 80 METERS OP MAANDAE

Vanaf Maandag 15 April 2019 sal Amateur Radio Today op Maandae om 19:30 SAT op 3 620 kHz deur Andy Cairns ZS6ADY uitgesaai word. Ontvangs verslae word uitgenooi. Stuur asseblief jou verslag aan artoday@sarl.org.za. Gee asseblief besonderhede van die seinsterkte, antenna en ligging. Die SARL dank Andy dat hy die weeklikse uitsending sal doen. Die SARL nooi meer amateurs om vorentoe te kom om herlei stasies te word. Stuur jou besonderhede na artoday@sarl.org.za.

'N BESIGE PAASNAWEEK

Die Paasnaweek gaan besig wees met drie plaaslike kompetisiee sowel as die Twee Oseane Marathon! Op Saterdag 20 April kan jy deelneem aan die ZS4SRK Ballon kompetisie en die Herfs QRP kompetisie of jy kan die Twee Oseane Marathon aandurf. Op Sondag 21 April kan jy deelneem aan die ZS4 Sprint.

Die ZS4SRK-ballon kompetisie sal op Saterdag 20 April vanaf 05:00 tot 09:00 UTC plaasvind. Dit bevorder kontakte tussen radio-amateurs via 'n ballon in vlug

Die Herfs QRP kompetisie sal vanaf 12:00 tot 15:00 UTC op Saterdag 20 April op die lug wees met gelykgolf en foon aktiwiteit met 5 watt-uitset. Die eerste uur is beperk tot die 40 meter-band en die oorblywende twee uur is die deelnemers is vry om enige HF (nie-WARC) band te gebruik soos hulle dit goedvind. Die uitruil is 'n realistiese RS (T) sein verslag en 'n ses karakter ruitvierkant.

Die ZS4 Naelloop is vanaf 14:00 tot 16:00 UTC op Sondag 21 April op die lug met foon aktiwiteit gedurende die eerste uur en gelykgolf aktiwiteit gedurende die tweede uur. ZS4-stasies sal 'n RS of RST verslag en die naam van hul dorp gee, terwyl alle ander stasies 'n RS- of RST-verslag en hul provinsie of landnaam sal gee.

Kry al die reëls en inligting in die 2019 SARL Blouboek.

UITSLAE VAN DIE SARL HAMNET 40 METER GESIMULEERDE NOOD KOMPETISIE

Die kompetisie komitee het 14 logstate ontvang vir die Hamnet-kompetisie gehou op Sondag 3 Maart 2019

Enkel operateur stilstaande kategorie

1ste Nico Oelofse, ZS4N - 1 241 punte

Enkel operateur draagbare kategorie

1ste Keith Lowes, ZS5DCC - 1 242 punte
2de Al Akers, ZS2U - 828 punte
3de Brian Jones, ZS6BV - 600 punte

Enkele operateur basisstasie kategorie

1ste Jan Botha, ZS4JAN - 1 218 punte
2de Schalk van Vuuren, ZS1LL - 1 044
3de Theunis Potgieter, ZS2EC - 1 008

Multi operateur draagbare stasie kategorie

1ste Bloemfontein ARK, ZS4BFN - 420 punte

LIDMAATSKAP AANSOEK

Die SARL het lidmaatskap aansoeke ontvang van Y Shum, ZSL1201; G de Bruyn, ZSL1202; D Duvenhage, ZSL1203; E Pieterse, ZR6EFP; D le Grange, ZR6DLG; D Vermeulen, ZR6LSD en R Turner, ZS6VIP. Enige besware teen hierdie lidmaatskap aansoeke moet die Liga-sekretaris bereik voor die Woensdag na hierdie bulletin. Stuur asseblief jou besware aan secretary@sarl.org.za

DIE AJV VAN DIE DURBAN AMATEURRADIOKLUB

Op 'n onlangse jaarvergadering van die Durban Amateurradioklub gehou op 6 April, is die volgende lede tot die komitee verkies.

Voorsitter: Louis de Bruin, ZS5LP
Waarnemende Ondervoorsitter: Sean Beukes, ZS5TI
Tesourier: Louis de Bruin, ZS5LP
Sekretaris: Kurt Linsin, ZS5KL
Lede: Aubrey Worthington ZS5ACW en Denham Eva, ZS5DE

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar 'n enkele, groot sonvlek met 'n stabiele magnetiese samestelling sigbaar. Die sonvlek is tans die bron van klas B sonfakkels. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van agt vir die week gebruik. Met die dag-nag-ewening wat nie te lank gelede plaasgevind het nie, kan Amateurs nog steeds goeie DX openinge op die 10 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek vir die volgende paar weke:

15 April - die sluitingsdatum vir RaDAR logstate.
16 April - maandelikse vergadering van die Highway ARK.
18 April - Wêreld Amateur Radio Dag.
19 April - Goeie Vrydag.
20 April - die Herfs QRP Kompetisie, die ZS4SRK Ballon Kompetisie en die Twee Oseane Marathon.
21 April - Paassondag, die ZS4 Naelloop en die Mei RAE Registrasie sluit.
22 April - Familie Dag.
27 April - Vryheidsdag.
29 April - die sluitingsdatum vir QRP, ZS4 Naelloop en BHF/UHF Digitale logstate.

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Registrasie vir die algemene jaarvergadering het om 07:00 by die Data Voice House-ouditorium in die Tegnopark begin en om 09:30, het Nico, ZS6QL almal teenwoordig verwelkom. Die algemene jaarvergadering van Stellenbosch het die voortou geneem in die bywoning getalle vir algemene jaarvergaderings. Daar was 73 lede teenwoordig met 298 volmagstemme, wat altesame 371 stemme was - 20 meer as die 2018 AJV. Die oudste radio amateur by die vergadering was Dennis, ZS1AU wat 90 jaar oud is en die jongste was Alastair, ZS6S wat 17 jaar oud is.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. Op Maandagaande word Amateur Radio Today om 19:30 SAT op 3 620 kHz deur Andy Cairns ZS6ADY uitgesaai. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003